Oor Ons

Welkom by Bambino's Kleuterskool

Bambino’s Kleuterskool se beginsel is Christelik. Alhoewel ons ander gelowe akkommodeer. Hier is elke maatjie en ouer ons prioriteit. Ons hoeksteen is God en geloof. Daarom besef ons dat almal wat aan die skool verbind  is, spesiaal is.

Bambino’s Kleuterskool is in 2009 begin deur Retha by haar huis as ‘n Speelgroepie. Die sukses was groot danksy ons Hemelse Vader se hulp en gou het Bambino’s geregistreer as ‘n Kleuterskool. In 2014 het ons perseel te klein geraak en het ons in die huidige gebou ingetrek. Weereens was die Vader ons goedgesind en het in 2018 die Baba sentrum oopgemaak.

Bambino's Kleuterskool
Day by Day

Ons Kurrikulum

Hier by Bambino’s Kleuterskool gebruik ons die Day by Day kurrikulum.

Day by Day bied Suid-Afrikaanse kleuterskole sedert 2005 gehalte-, pret-, temagebaseerde aktiwiteite en lesplanne aan. Hulle programme is ontwikkel op grond van die CAPS- en NCF-dokumente. Die doel is om hierdie berg inligting te omskep in praktiese, maklik verstaanbare, daaglikse lesplanne wat die onderwyser en die kind baat.

Ekstra Aktiwiteite

MusIQ All Around is deel van Bambino’s Kleuterskool kurrikulum en word op ‘n Maandag aangebied teen ‘n ekstra kostes.

Sou u aan enige ander ekstra aktiwiteite belangstel. Hier onder is van die aktiwiteite wat by die skool aangebied word. Elke aktiwiteit het hulle eie kostes en afrigters.

Kontak hulle gerus vir meer inligting of besoek hulle Facebook blad deur op hulle Logo te “click”.

MusIQ All Around

Playball

Playball is ‘n program wat die ontwikkeling van lewensvaardighede deur middel van sportvaardighede erken en aktief inkorporeer. By Playball word u kind positief benader wat bydra tot ‘n goeie selfbeeld. U kind sal baatvind by:

  • Groot Motoriese Ontwikkeling en Balans.
  • Verbeterde Konsentrasie.
  • Verbeterde Koördinasie.
  • Midlynkruising.
  • Luistervaardighede.
  • Spanwerk.
  • Dominansie (Regs & Links).
  • Ritme & Tyd.
  • Uithouvermoë.
  • Ontwikkeling van selfvertroue en onafhanklikheid.

Kontak Marsia by 072 263 4941

Playball
RSD
Dance Muise
Letisha Ballet Skool
Tumbling Tigerz
Aqua Kids